Die Star Alliance is die wêreld se grootste lugredery alliansie, met sy hoofkwartier in Frankfurt am Main, Duitsland,[1] en word gelei deur Mark Schwab as uitvoerende hoof.[2] Dit is op 14 Mei 1997 gestig, met sy naam en embleem verteenwoordigend van die vyf stigtersrederye. Star Alliance het sedertdien aansienlik gegroei en sy huidige lidrederye sluit in Adria Airways, Aegean Airlines, Air Canada, Air China, Air India, Air New Zealand, All Nippon Airways, Asiana Airlines, Austrian Airlines, Avianca Holdings, Brussels Airlines, Copa Airlines, Croatia Airlines, EgyptAir, Ethiopian Airlines, EVA Air, LOT Polish Airlines, Lufthansa, Scandinavian Airlines, Shenzhen Airlines, Singapore Airlines, Suid-Afrikaanse Lugdiens, Swiss International Air Lines, TAP Portugal, Thai Airways International, Turkish Airlines en United Airlines. Avianca Brasilië, as 'n filiaal van Avianca (wat reeds 'n Star Alliance-lid is), het by Star Alliance in die tweede kwartaal van 2014 aangesluit.[3] Die huidige lede vlieg gesamentlik meer as 18 000 daaglikse dienste. Hierdie vlugte bereik 1 269 lughawens in meer as 192 lande, met 'n jaarlikse volume van 637.6 miljoen passasiers.[4]